Afrikaanse Christen
Kerk Tauranga
You are not signed-in.
Skip Navigation Links
TuisbladTuisblad
Wie is onsWie is ons
ByeenkomsteByeenkomste
KalenderKalender
Foto'sFoto's
BedieningeBedieninge
ErediensteEredienste
SkakelsSkakels
Kontak OnsKontak Ons
RegistreerRegistreer
 

Wie is ons

Dit is so opwindend om te ervaar wat die Here aan die doen is in ons gemeente hier in Tauranga. Op 2 Augustus 2009 is die Afrikaanse Christen Kerk Tauranga gestig. Ons is nog besig om identiteit te vorm en om alles mooi in plek te kry - maar daar is hope toewyding, entoesiasme, opgewondenheid en afhanklikheid van die Here. 1 Petrus 5:6 vat die doel van kerkwees en gelowige wees mooi saam: Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het. God het die inisiatief geneem en ons hand kom vat. God het letterlik geen koste en moeite ontsien om te sorg dat ons hande veilig in sy Hand is nie: Hand-in-Hand. Met ons hand in God se hand is ons veilig.

Byeenkomste
Manne-ontbyt
Begin:  Saturday, February 11, 2012 8:00 AM
Eindig:  Saturday, February 11, 2012 10:00 AM
'n Heerlike wegbreek vir die manne en 'n gesellige kuier rondom die ontbyttafel by Grindz in Tauranga.
 
Nagmaal en Doop
Nagmaal - Eerste Sondag van die maand. Verbondsdoop en Bekeringsdoop - soos gereël.
 
 

Dr. Jaco Reyneke
Foon 07 574 3371
Cell 027 325 9003
nzreynekes@xtra.co.nz